2010-7-28
 Elton jantjies teen WP Elton Jantjies is meer as 15 jaar jonger as die All Black Carlos Spencer, maar Saterdag word die 19-jarige Welpie met die Leeus se nommer-10-trui toevertroue met oom Carlos op die bank.
Jantjies maak sy buiging in groot rugby Saterdag op Ellispark in die Leeus se beginspan teen die Blou Bulle met Spencer in sy Curriebekerbuiging.
Daarmee besweer die Leeus se agterlynghoeroe ook die vrese dat hy nie weer vanjaar sy stewels sou aantrek nie. Hulle vervang Herkie Kruger wat gepos is na Saterdag se nederlaag in Kimberley.
Die Leeus het ook besluit om hul kaptein Franco van der Merwe slot toe te skuif vir die Bulle-stryd met Trevor Hall op flank. Grootte was gewis weer ‘n oorweging in die keuse van die losvoorspelers.
Hall begin op sewe en Warren Whitely op agt en dit is hier waar die Bulle dalk ‘n groot voordeel sal geniet.
Die Leeus span Doppies la Grange ook op twaalf langs Jantjies in ‘n groot plus terwyl Waylon Murray uitskuif 13 toe. Ook hier tel fisieke teenwoordigheid groot.
Jantjies en Spencer en die tiener-heelagter Jaco Taute het die taak om meer voortvarentheid na die partytjie toe te bring.
Leeus vs. Blou Bulle: Jaco Taute; Deon van Rensburg, Waylon Murray, Doppies la Grange, ; Elton Jantjies, Jano Vermaak; Warren Whiteley, Trevor Hall, Derick Minnie, Franco van der Merwe, George Earl, Ross Geldenhuys, Martin Bezuidenhout, Kevin Buys. Reserwes: Edgar Marutlulle, JC van Rensburg, David Bullbring, Chris Jonck, Carlos Spencer,
|