2010-7-14
 Jaco Kriel in aksie in Vodacomreeks Die onus om die Leeus se Onder 21 se eer en trots te herstel, het op die oopkantflank Jaco Kriel en die losskakel Dewald Nel geval. Kriel is ‘n jong Maanhaar wie se naam ingepen was om twee weke gelede vir die senior span te speel.
Altesaam nege spelers het die trekpas gekry na die nederlaag teen die Luiperds en ‘n betroubare skopper soos Nel was een van die leemtes. Die oud-leerling van EG Jansen se skopvoet is nog altyd sy grootste bate.
Die afrigter Timmy Goodwin het ook plek gemaak vir die SA Onder 20-slot Sebastian de Chaves en Mark Hennig asook die vaskop Louis Albertse.
Die SA Onder 20-haker Francois du Toit, wat verlede week goed genoeg was vir ‘n plek op die senior span se bank, is vir die Onder 21’s ook op die bank.
Die veranderinge is:
• Riaan Arends op regtervleuel vir Blake Mecuur; • Winston Williams op buitesenter vir Divan Ferguson; • Divan Ferguson op linkervleuel vir Jacques Erasmus; • Dewald Nel op losskakel vir Justin Botha; • Jaco Kriel op ses-flank vir Maurice Rudman; • Sebastian de Chaves op slot vir Heijmans; • Mark Hennig op slot vir Shane Kirkwood; • Louis Albertse op vaskop vir Heinrich Terblanche; • Terblanche op loskop vir Wessel du Randt
Leeus vs. WP: Wian Buys; Riaan Arends, Winston Williams, Luhan Steenkamp, Divan Ferguson; Dewald Nel, Rudy Paige; Marnitz Jacobs, Shaun Macdonald, Jaco Kriel, Sebastian de Chaves, Mark Hennig, Louis Albertse, Ashley Kohler, Heinrich Terblanche. Reserwes: Francois du Toit, Ruan Dreyer, Wouter Heijmans, Hendrik la Grange, Jacques Pretorius, Justin Botha, Blake Mecuur. |