2010-4-21
Geelwortel voor Luiperds
LionsvsBoland6Oct_Games123.JPG

‘n Groot geelwortel hang Saterdag voor die Luiperds se neuse in hul
Vodacom-kwarteindstryd in Wellington teen die Boland: ‘n Tuis halfeindstryd en dalk selfs ‘n tuis eindstryd in Potchefstroom.

Die sukses van die Luipies se seisoen is in die hande van ‘n onveranderde span wat afreis Wellington toe vir die stryd teen die Kavaliers.

Dis net die vorige kaptein Riaan Swanepoel wat die oud-Arendkaptein Victor Joubert op die bank vervang. Verder is die 22-tal presies dieselfde as die een wat die Pumas geklop het.

Wen die Luiperds die een, bied hulle aanstaande week ‘n tuis-halfeind in Potchefstroom teen die wenner van die stryd tussen die Leeus en die Cheetahs aan.

En die kersie op die koek sal wees indien hulle tot ‘n eindstryd deurdring teen ‘n Suidelike teenstander, die WP of Sharks. Dan word die eindstryd ook in Potch aangebied.

Die Noorde sal die eerste eindstryd vanjaar aanbied waarna dit jaarliks tussen Noord en Suid roteer.

Luiperds vs. Boland: Russell Jeacocks; Deon Scholtz, Jovan Bowles, Basil de Doncker, Bom Samaai; Cecil Dumont, Michael Bondesio; RW Kember, Wilhelm Koch ©, Danie Crous, Ligtoring Landman, Gys Briedenhann, Os van der Walt, Gavin Williamson, Divan Kotze. Reserwes: Pellow van der Westhuizen, Philip Lemmer, Antonie Gronum, Riaan Swanepoel, Theo van Wyk, Neill Jacobs, Dumisani Matyeshana.