2010-7-21
Sewe Bok Cheetahs
Een van die Sewe Bokke, Adriaan Strauss - Foto: Gallo Images

Die Springbokke Adriaan Strauss, Juan Smith, Barend Pieterse én Hendro Scholtz begin Saterdag op Fort Loftus vir die Cheetahs teen die Blou Bulle.

Strauss keer die eerste keer in die Curriebekerreeks terug na die middel van die skrum en Barend Pieterse en Isak van der Westhuizen vervang Waltie Vermeulen en Francois Uys.

Strauss se skrumkrag beteken baie vir die jong Coenie Oosthuizen en veral die vaskopstut WP Nel, wat in Strauss se afwesigheid swaar geleef het. Skipper Badenhorst is weer op die bank as die ‘Bokhaker se adjudant.

Die Cheetahs moes die beseerde Meyer Bosman ook op binnesenter vervang en soos verwag, begin Corné Uys in die nommer-12-trui in die enigste verandering agterlangs.

Die Cheetahs spog met sewe ‘Bokke in hul 22 en vyf van hul vaste vyf het al die Groen-en-Goud gedra, terwyl Kabamba Floors op die bank ook ‘n ‘Bok is. Die loskop Coenie Oosthuizen is waarskynlik ook ‘n toekomstige ‘Bok.

Met Bosman uit en Uys wat bevordering gekry het, is die veelsydige JW Jonker in die 22-tal ingesluit.

Cheetahs vs. Blou Bulle: Hennie Daniller; Philip Snyman, Robert Ebersohn, Corné Uys, Jongi Nokwe; Louis Strydom, Tewis de Bruyn; Ashley Johnson, Juan Smith, Hendro Scholtz ©. Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen. Reserwes: Skipper Badenhorst, Kobus Calldo, Waltie Vermeulen, Kabamba Floors, Tertius Carse, Sias Ebersohn, JW Jonker.