2010-3-13
Driekuns Fitchett
Deon Fitchett op volle vaart

Die heelagter Marais Schmidt met 15 punte en die regtervleuel Christo Fitchett wat sy derde driekuns in drie wedstryde gedruk het, het Jeugland Saterdag in Krugersdorp in Monnas se oorwinning van 40-16 geknak.

Tot tien minute voor die einde was Monument 24-16 voor in ‘n wedstryd wat tot in daardie stadium baie gelykop was, maar toe breek die damwal.

‘n Drie deur Fitchett, toe hy ‘n rollende aangee van ‘n stilstaande posisie opgetel het, het die skaal in die Wit Bulle se guns geswaai en toe vryf Monnas met hul tradisionele hardlooprugby die sout verder in die wonde.

Schmidt, wat vir die Goue Leeus Cravenweekrugby op Laerskool gespeel, op die Grant Khomoweek verteenwoordig het en verlede jaar lid van die Onder 18 Akademiespan was, het een van die vyf drieë gedruk en skitterend geskop.

Die Leeus het al klaar hul hande op die belowende heelagter.

Jeugland het getoon dat hulle vanjaar hul stem dik sal maak en die eindtelling vlei Monnas dalk, maar dié skool weet hoe om te wen.

Net een van die 14 spanne wat Saterdag in aksie was, die Vlakvarke (die Vyfdes) het verloor en die meeste ander spanne het die punte ingeryg.

Punte:

Monnas; Drieë: Deon Fitchett (3), Sniper Nel, Marais Schmidt. Doelskoppe: Schmidt (3). Strafdoele: Schmidt (3).

Uitslae:

Onder 14A: Wen 54-0
Onder 14B: Wen 81-0
Onder 15A: Wen 24-12
Onder 15B: Wen 37-5
Onder 15C: Wen 30-5
Onder 16A: Wen 40-0
Onder 16B: Wen 31-0
Onder 16C: Wen 29-5

Kwaggas (Tweedes): Wen 62-5
Sables (Derdes): Wen 48-5
Bosvarke (Vierdes): Wen 19-5
Vlakvarke (Vyfdes): Verloor 5-22
Wildehonde (Sesdes): Wen 34-5