2010-3-12
Stryd van afrigters
Wynand Moolna Leeus

Presies dieselfde Monna-span wat Klerksdorp verlede week gewhitewash het, draf Saterdag weer op die Ras van Rooyen-veld in die NuPower-reeks teen Jeugland uit.

Saterdag se stryd is nie tussen die spelers nie, maar ook van die afrigters. Die voormalige Leeus Onder 19-afrigter Wynand Moolman het hom by Schalk Reynders se gedugte Monnas-span aangesluit en is ook aangestel as die skool se Direkteur: Rugby.

Jeugland word die span deur die voormalige Bok-voorry Willie Hills en die huidige TUT-afrigter Alex de Kock gebrei.

Ian Macdonald, wie Monnas as ‘n konsultant bystaan, glo dit sal ‘n stryd van die voorspelers wees, maar dat Monnas se spoed en vaardighede agterlangs die deurlsag kan gee,

Mac se oudste Tiaan is ‘n oopkantflank vir die Wit Bulle en sy jongste, Ruan, doen dieselfde job vir die Onder 16A’s.

Monnas vs. Jeugland: Marais Schmidt; Deon Fitchett, Jako Viljoen, Michael Bean, Willie Smit; Danie Davel, Leon Meyer; Quinten Marais, Tiaan Macdonald, Sniper Nel, James Meecham, Ruan Venter, Carl van Heerden, Rikus van Niekerk, Mauritz van Rooyen. Reserwes: Lourens Erasmus, Dirk Kotze, Paul Willemse, Ruan Steenkamp, Cornel Vermeulen, Shaun Conradie, Jacus Kruger, Juandré du Plessis.